Alec Baldwin pleit onskuldig op klag van onwillekeurige manslag

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Een van die aanklagte teen Alec Baldwin laat vaar

Alec Baldwin het Donderdag onskuldig gepleit op die aanklag van onwillekeurige manslag teen hom aangebring ná die dood van kinematograaf Halyna Hutchins.

Baldwin sou oorspronklik Vrydag in die hof verskyn het, maar sy eerste hofverskyning is laat vaar. Sy mede-beskuldigde Hannah Gutierrez -Reed sal steeds Vrydag in die hof moet verskyn.

Baldwin is verskoon daarvan om Vrydag in die hof te moet verskyn, solank hy nie ‘n vuurwapen besit nie, hom van alkohol weerhou en nie met ander getuies oor die skietery inmeng nie, lui hofstukke.

Vroeër die week is die aanklagtes teen beide Baldwin en Gutierrez-Reed verminder. Dit sal die tyd wat hulle in die tronk sal deurbring, indien hulle skuldig bevind word, verminder.

Bronne: CNN, NDTV, Huffington Post

Lees ook: Een van die aanklagte teen Alec Baldwin laat vaar