Vermiste vrou van Kameeldrift dood gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Landi Prinsloo (39) van Kameeldrift in Pretoria wat as vermis aangegee en gesoek was, is dood gevind.

Jann Prinsloo, haar man, het so pas die slegte tyding met FiND iT gedeel.

FiND iT het vroeër vandag berig dat sy gisteroggend soek geraak het nadat sy in haar voertuig, ‘n wit Toyata Prado, van Kameeldrift-omgewing gery het.

Die voertuig is later, met geen teken van haar nie, op die Molotopad naby die Roodeplaat-polisie se honde-eenheid opgespoor waar dit parkeer was.

‘n Soektog is sedert vroeg vanoggend vanaf die polisie-hondeskool van stapel gestuur. Van haar persoonlike besittings is in die vroeë oggendure langs die Pienaarsrivier gekry. Dit was onder meer haar klere, selfoon en die voertuig se sleutels.

Jann Prinsloo sê alhoewel dit nie goeie nuus vir hom en hulle drie kinders is nie, is hy net bly dat hulle haar kon kry.

Foto: Jann en Landi Prinsloo.

Kameeldrift-polisiestasie 02/02/2023 verwys.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel