Pa en dogter toe nooit vermis nie

Deel hierdie storie / Share this story

FiND iT het voorheen berig dat ‘n pa en dogter vermis was, wat toe nooit die geval blyk te wees nie.

Travis Neill Berry (30) en sy dogter (3) van Hercules in Pretoria het nie op 15 Februarie 2023 spoorloos verdwyn nadat hy haar om 11:30 by haar skool gaan haal het nie.

FiND iT het intussen met kapt. Smith van Hercules-polisiestasie, wat gemoeid is met die saak, gesels.

Hy het aan FiND iT bevestig dat die pa en dogter inderwaarheid nooit vermis was nie.

Na kinderhofverrigtinge geopen is en ‘n vorm 4, is die dogter in haar pa se sorg.

Die nuus dat die pa en dogter vermis is, is op verskeie platforms vir vermiste persone versprei, wat nie die ware toedrag van sake was nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel