Waarskuwing: Leeu ontsnap agter op bakkie in Noordwes

Deel hierdie storie / Share this story

Die gemeenskap word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir ‘n leeuwyfie wat uit haar hok agterop ‘n Ford Ranger-bakkie op die Beesdam-pad tussen Stella en Tlagameng ontsnap het.

Die leeuwyfie het vanoggend ongeveer 08:00 ontsnap.

Die eienaar het eers toe hy by sy bestemming in Tlagameng aankom, besef die leeu is nie meer agter op die bakkie nie. Natuurbewaarders en boere is besig met ‘n soektog.

Kontak Nanti Strydom by 082 563 7763 of Siyabonga Mseleku by 0734467452 / 0813366882, of jou naaste polisiestasie indien jy die dier gewaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel