Emihle Nyawose (7) se lewelose liggaam is op 12 Februarie 2023 in bosse te Umthwalume in KwaZulu-Natal gevind.
Women For Change sê Emihle is na bewering eers verkrag voordat sy vermoor is.
Sy is na ‘n winkel naby aan haar huis gestuur, maar het nie weer teruggekeer nie.
Die polisie het ‘n man (27) in hegtenis geneem wat na bewering Emihle vir geld gevra het en ook die laaste persoon was wat haar lewendig gesien het.
Hy het na bewering na ondervraging erken dat hy haar verkrag en vermoor het deur haar nek te breek voordat hy haar in ‘n vlak graf in ‘n nabygeleë bos begrawe het.
Die UDM Vroueliga het hul skok oor haar dood uitgespreek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



