Bernadette January (66), ‘n inwoner van Louise Dubb-ouetehuis in Kabega Park, Gqeberha, is Woensdagmiddag nie ver van die tehuis nie, dood gevind.
Sy was as vermis aangemeld waarna die polisie dit op 13 Februarie op Facebook bekendgemaak het.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê dat sy na bewering op 9 Februarie 2023 om 09:00 by die Greenacres-inkopiesentrum afgelaai is toe sy op pad was om haar seun in Summerstrand te gaan soek.
Dit was glo die laaste keer wat sy deur iemand gesien was.
Haar seun is in Forest Hill gevind, maar hy het aangedui dat hy haar nie gesien het nie.
Ongeveer 12:25 Woensdag het ‘n deeglike deursoeking van die area plaasgevind, waarna haar gedeeltelike ontbinde liggaam in bosse naby die ouetehuis gevind is.
Geen gemene spel word vermoed nie.
‘n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer om die oorsaak van haar dood vas te stel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



