Beseerde seun by kerk gelos, gered

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Sikloon Freddy –  4 dood in Madagaskar, swaar reën vir SA voorspel die naweek

’n Seun (12) van die Paarl is deur die Drakenstein Farm Watch gered nadat hy verlate op ‘n kerkperseel in die Keerweder-gebied gevind is. Inwoners het die erg beseerde seun op die kerk se perseel gevind. Hy het nie reageer nie.

Klaarblyklik was die seun ‘n passasier in ’n motorongeluk wat vroeër plaasgevind het. Die erg beseerde seun is glo deur die ander passasiers in die voertuig na die kerk geneem en daar gelos.

Die ander passasiers is in ’n nabye informele nedersetting gevind. Een van hulle is ook in die ongeluk beseer en is saam met die 12-jarige seun na ‘n hospitaal geneem ná noodhulp toegepas is.

Die ander beseerde passasier het ’n kopbesering en harsingskudding opgedoen. Die bestuurder van die voertuig het glo nie ’n lisensie gehad nie en het van die toneel af gevlug.

Bronne: IOL, VN Explorer

Lees ook: André de Ruyter weg by Eskom, bedanking vervroeg