Twee vragmotors bots op N14, bestuurder dood

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Seun (10) verdrink in dam

Twee vragmotors, een wat skrootmetaal vervoer het en die ander hoenders, was Dinsdagoggend kort na 07:00 in ‘n botsing op die N14 Diepsloot betrokke.

Netcare911-nooddienste sê die vragmotor wat skrootmetaal vervoer het, het glo gebreek, waarna die vragmotor met hoenders agter in die eerste voertuig vasgery het.

Die bestuurder van die voorste vragmotor het geen beserings opgedoen nie, maar die bestuurder van die agterste vragmotor is op die toneel dood verklaar.

Omstandighede rakende die ongeluk word ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel