LEES OOK: Twee vragmotors op N14 in botsing betrokke, bestuurder dood
Daar sal Dinsdagaand om 18:30 ‘n oomblik van stilte gehou word vir diegene wat hul medelye wil betoon aan oorlede Paul Herbst.
Medi Response, waar Herbst gewerk het, sê die byeenkoms sal op die boonste parkeerterrein buite eenheid 28 Odyssey Mall gehou word.
“Ons sal verdere reëlings rakende Paul se gedenkdiens binnekort bekendmaak, sodra ons met familie en naby vriende gepraat het,” sê Medi Response.
Die nuus van Herbst se dood is Maandag bekendgemaak. Die rede vir sy dood is nog nie bekend nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



