LEES OOK: Vrou (52) dood na onbeskikbaarheid van staatsambulans
‘n Man, vermoedelik in sy 20’s, is gisteraand dood nadat hy beheer oor sy voertuig verloor het en teen ‘n boom by die Rover- en Milnerkruising in Rondebosch, Kaapstad, vasgery het.
Luidens ‘n verklaring van ER24, het ER24, tesame met Life Healthcare, Wes-Kaap Brandweer en Metro-redding, omstreeks 19:35 by die toneel opgedaag.
Die liggaam van die manlike bestuurder is gedeeltelik buite die motor gevind.
Medici het die man geassesseer en gevind dat hy reeds aan talle beserings beswyk het. Niks kon vir hom gedoen word nie, en hy is dood verklaar.
Die presiese besonderhede rondom hierdie voorval is onbekend, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke. – ER24



