Vragmotor bestuurder oorlede en gru-botsing

Deel hierdie storie / Share this story

Twee swaar motorvoertuie was vanoggend op die N14 in Diepsloot in ‘n ongeluk.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê daar word vermoed een van die vragmotors, wat skrootmateriaal vervoer, het onklaar geraak toe ‘n tweede vragmotor, wat hoenderafval vervoer het, agter die eerste vragmotor vasgery het.

“Toe medici op die toneel aankom, het hulle gevind dat die bestuurder van die agterste vragmotor geen tekens van lewe getoon het nie en is ongelukkig deur die Gautengse EMS op die toneel dood verklaar.

“‘n Swaartuig-insleepwa is gebruik om die twee vragmotors te skei, wat die Johannesburgse Brandweer- en Reddingsdienste in staat gestel het om hidrouliese reddingsgereedskap te gebruik om die bestuurder, wat in die vermorselde oorskot vasgekeer was, te bevry.”

Die bestuurder van die eerste vragmotor is nie beseer nie.

Omstandighede wat tot die voorval gelei het, sal deur die betrokke owerhede ondersoek word.