Sersant Maurice Nkhwashu, kommunikasiebeampte van die SAPD in Tzaneen, het aan AfriNUUS bevestig dat ’n 15-jarige tienermeisie na bewering op Vrydag, 10 Februarie, om 02:55 in die Leretjeni-dorpie in haar kamer geslaap het toe sy skielik ’n hand van ’n man om haar mond gevoel het wat haar met ’n vuurwapen en ’n byl gedreig het.



