Ligte vliegtuig val op R43, pad gesluit

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ligte vliegtuig het vroeër vanmiddag op die R43 tussen Gansbaai en Pearly Beach in die Wes-Kaap neergestort.

Dean O’Neill, munisipale bestuurder van Overstrand-munisipaliteit, sê dit is naby Duineveld-kroeg.

Alle nooddienste en owerhede is op die toneel.

Geen beserings is gerapporteer nie.

Overstrand se brand- en reddingsdienste sal die toneel opruim, waarna ‘n stop-en ry-sisteem in plek sal wees.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel