Vyf week oue baba deur Rottweilers verskeur, sterf

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Direkteur van Medi Response oorlede

‘n Baba van vyf weke oud is Saterdag dood toe twee van die gesin se Rottweiler-honde haar by die gesin se huis in Moruya in Nieu-Suid Wallis, Australië tydens ‘n braai aangeval het.

Daily Mail berig die baba was vas aan die slaap langs ‘n tafel waar ‘n groep volwassenes gesit het. Die honde was ook glo rustig aan die slaap toe hulle skielik, sonder rede, die baba aangeval het. Die voorval het om 22:40 plaasgevind.

Die baba se ouers en die gaste het almal gehelp om die honde van die kind af te kry. Daar is met haar na ‘n hospitaal gejaag, maar sy is kort na middernag oorlede. – Daily Mail

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel