LEES OOK: Vrou wat glo sy is ontvoerde Maddie McCann se DNA binnekort getoets
‘n Onbekende man is dood nadat hy in Old Main Road in Ottawa, KwaZulu-Natal, raakgery is.
Reaction Unit South Africa (Rusa) se lede is 19:46 na die toneel ontbied waar hulle die lewelose liggaam van die man aangetref het.
Die wit Hyundai H100 wat die man raakgery het, was ook nog op die toneel.
Die man was glo in Phoenix se rigting op pad toe die voertuig hom getref het.
Twee insittendes van die bakkie is nie beseer nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



