Man dood toe voertuig in brug vasry

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Kabeldiewe loop hul rieme styf

Een persoon is dood toe die voertuig waarin hul gery het, in ‘n brug op die R42 buite Vereeniging vasgery het.

ER24 en ander nooddienste het omstreeks 12:30 op die toneel aangekom waar die voertuig in ‘n sementbrug vasgery het.

Die voertuig het aan die brand geslaan. Die brandweer was ook op die toneel.

Nadat die brand geblus is, is die bestuurder se liggaam in die motor gevind.

Die bestuurder is op die toneel dood verklaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel