Drie in hof na ontvoering van Wes-Kaapse prokureur

Deel hierdie storie / Share this story

Almare Schreuder, Charmaine Schreuder en Garth Weber het vandag in die Bellville-landdroshof verskyn op klagtes van ontvoering en roof met verswarende omstandighede nadat ‘n plaaslike prokureur vermis geraak het.

Eric Ntabaxalila, NVG-woordvoerder in die Wes-Kaap, sê die drie het verskyn op klagtes van ontvoering en roof met verswarende omstandighede van die Kaapstadse prokureur, advokaat Gerhardus Cornelius de Jongh (63).

Hulle saak is ot 24 Februarie uitgestel vir ‘n formele borgtogaansoek.

Die staat sal die borgtogaansoek opponeer.

Dit volg nadat sy vrou hom as vermis aangemeld het nadat hy nie by die huis opgedaag het nie.

Bellville-speurders het hom Vrydag 17 Februarie opgespoor en van sy ontvoerders gered.

Die speurders het inligting opgevolg wat hulle in ‘n lêer op ‘n lessenaar in sy geplunderde kantoor opgespoor het.

Hulle het ‘n ongeïdentifiseerde huis binnegegaan waar hulle die getraumatiseerde advokaat opgespoor het.

Die man en twee vrouens is in hegtenis geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel