Twee polisiesersante van die Dobsonville SAPD wat op Vrydag, 17 Februarie 2023, deur Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) in hegtenis geneem is vir ontvoering, afpersing en die besit van gesteelde goedere, sal op Maandag, 20 Februarie 2023, in die Roodepoort-landdroshof verskyn.



