Die omstrede Russiese oorlogskip, Admiraal Gorshkov, het Maandag Kaapstad binnegevaar, en brandstof gevul na ’n lang reis uit Rusland. Dit het vandag in Durban aangekom om deel te neem aan die vlootoefeninge tussen Suid-Afrika, China en Rusland wat volgende week afskop.



