Kyk: ‘Ons liefling veg baie hard’ – Chris Else

Deel hierdie storie / Share this story

Chris Else het hierdie opvolgplasing oor klein Clara op sy Facebook-blad gemaak. Hy het ‘n liedjie aan haar opgedra in die video wat hy deel.

Sy is sedert sy met ‘n noodkeisersnit gebore in die intensiewesorgeenheid met gediagnoseerde longontsteking.

Lees hier wat hy sê:

Hallo Familie❤️ ek het dit op my hart om hierdie video met julle te deel Ons liefling veg baie hard om gesond te word. haar infeksie telling is vandag 19.7 dit was gister 12 sy is op Antibiotika en ons Vertrou die Here vir genesing.🙌🙏

Dit maak seer om haar so te sien… maar ons weet wie is in beheer🙏

Ek slaan my oë op na die berge : waar sal my hulp vandaan kom? MY hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

Dankie vir elke gebed dit beteken so baie vir ons julle sal nooit weer hoe baie nie…❤️

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel