Reeksverkragter kry nege lewenslange vonnisse

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Twee week oue baba by kliniek in Pretoria gelos

‘n Reeksverkragter is Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof nege lewenslange vonnisse opgelê nadat hy sewe slagoffers, van wie ses familielede en kinders was, verkrag het.

AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê die misdaad het 30 jaar gelede reeds begin toe die verkragter, Moyhidian Pangaeker, ‘n familielid seksueel aangerand het en die voorval nie aangemeld is nie.

Pangaeker het die vertroue van die sewe slagoffers gewen voordat hy hulle later verkrag het.

Kapt. Martino Plaatjies, ondersoekbeampte in die saak, sê hy sal nou snags beter slaap nou dat die skuldige gevonnis is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel