Manie Jackson se vrou kry hartstilstand na operasie

Deel hierdie storie / Share this story

Manie Jackson, bekende sanger, se vrou Christel het Donderdagoggend ‘n operasie ondergaan.

Volgens ‘n Facebook-plasing was hospitaalpersoneel besig om haar uit die teater te stoot toe sy ‘n hartstilstand ervaat het as gevolg van narkose en haar hart wat onreëlmatig geklop het.

Hy sê egter dat sy “oukei” is.

“Dis n groot skrik daai, maar die Here se hand was mos oor haar, so ons moes nie vrees nie.”

Hy sê ook dat sy nog ‘n operasie aan haar skouer moet ondergaan wat beseer is toe sy flou geword het, maar dat dit eers moet wag.

“Nou moet haar lyfie net bietjie rus.”

“Dankie vir elkeen se gebede. Dit is wat ons dra!”

Ongeveer twee dae gelede het hy die volgende plasing oor Christel se gesondheid en Valentynsdag gemaak:

Sjoe….. Gisteraand laat weet die uroloog hy wil nie wag tot Donderdag nie, ek moet my vrou vandag nog deurbring Pretoria toe, so daar was nie tyd (of geld) vir romanties wees nie.

Gelukkig het ek haar darem uitgevat vir ete, want ek het haar saam gevat na n baie dierbare vriend van my se begrafnis, gister, en daai kos was rêrig lekker…..

Ek het besluit om hierdie lied aan haar op te dra, vir Valentynsdag, want hierdie woorde beskryf haar beter as wat ek dit kon beskryf, want “She believes in me”

Ek het dit uitgebring in 2006, toe min mense van my geweet het, en snaaks genoeg, dit is dieselfde jaar wat ons mekaar die eerste keer toevallig ontmoet het, by die haarkapster se huis, waar ek agter in die woonstelletjie gebly het. Pleks ek haar toe al gevat het, dan sou my lewe soveel anders gewees het (ek sou vandag darem geld gehad het, want sy is mooi genoeg, sonder om duisende rande te spandeer aan verf en hare en allerhande dinge).

FiND iT wens Christel alle voorspoed toe vir beterskap en herstel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel