Kyk: Chaos – EFF ontwrig Stad Tshwane se raadskantore

Deel hierdie storie / Share this story

In ‘n video van SABC News kan gesien word hoe die EFF chaos saai toe hulle die kantore van die Stad Tshwane se burgemeesterskomiteelede bestorm het.

Grandy Theunissen, verantwoordelik vir gemeenskapsveiligheid, is aan die arm getrek, terwyl daar probeer is om Jordan Griffiths, die personeelhoof, uit te dra.

Veiligheid by hierdie kantore is verskerp.

Bron: SABC News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel