Vyf gered na water hulle meesleur

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf gekontrakteerde Transnet-werkers en ‘n motoris van Rustenburg het Donderdag ter nouernood aan die dood ontkom toe die voertuig waarin hulle gery het deur water in Mpumalanga meegesleur is.

Die vragmotor waarin die Transnet-werkers was, is ongeveer om 08:00 meegesleur toe hulle ‘n brug te Schuilspruitdam in Amersfoort wou oorsteek.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die werkers, een vrou en vier mans, moes volgens inligting gered word.

Twee was binne-in die vragmotor en drie op die dak van die vragmotor. Hulle is deur polisie en ander rolspelers van mediese nooddienste, brandbestryding en ande, gered. Ongeveer 12:45 moes ‘n motoris van Rustenburg gered word.

Met die hewige reën wat steeds ervaar word, word motoriste en voetgangers gewaarsku om weg te bly van laagliggende gebiede en rivierbanke waar hulle maklik meegesleur kan word.

Die waarskuwing is om nie kanse te vat nie, maar eerder die gebied heeltemal te vermy.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, die provinsiale kommissaris, het haar teleurstelling uitgespreek dat mense steeds ná talle waarskuwings kanse waag.

“Important appointments can always be rescheduled rather than honouring them at the expense of your one precious life,” het sy gesê. 

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel