Baba Clara Else het longontsteking

Deel hierdie storie / Share this story

Chris (sanger) en Chanelle Else se babadogter, Clara, wat Woensdag met ‘n noodkeisersnit gebore en sedertdien in die intensiewesorgafdeling is, is met longontsteking gediagnoseer.

Die baba is te vroeg gebore en ontvang steeds mediese hulp vir haar longe.

Chris het Donderdagaand ‘n opvolgplasing op Facebook gemaak oor hoe dit met haar gaan.

Lees dit hier:

Update: Oor Ons Liefling Clara ❤️

Vriende baie dankie vir elke gebed boodskap en oproep. ons waardeer dit ongelooflik baie🙂🙏

Ons het vandag by die dr. verneem Clara het longontsteking. Haar telling moet 4 wees dit is tans 12.4

Sy is op suurstof en hulle kyk ongelooflik baie mooi na haar, ons is so geseënd met die beste sorg.

Chanelle is okay en kan al opstaan❤️

Dankie dat julle steeds saam met ons bid vir haar gesondheid en dat ons haar sommer gou kan huis toe bring🙏❤️

Liefde ons 3🙌

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel