Lees ook: Vier dood, 23 beseer toe trok beheer verloor by Maseru-grens
Een van die 12 seuns wat in 2018 in Thailand gered is na hulle vir twee weke in ’n oorvloede grot vasgesit het, is in die VK oorlede.
Duangpetch Promthep (17) was die kaptein van die Wild Boars-span wat vir twee weke in ’n oorvloede grot vasgesit het en wie se redding wêreldwye aandag getrek het.
Die omstandighede van Duangpetch se dood is nog onbekend, maar die polisie hanteer dit nie as ‘n verdagte saak nie.
Duangpetch is Sondag bewusteloos in sy kamer in Leicestershire gevind en na ‘n hospitaal geneem waar hy Dinsdag oorlede is. Berigte uit Thailand noem dat hy moontlik hy oorlede is van ’n kopbesering.
Bronne: IOL, BBC, CNN
Lees ook: Oranje vlak 5-weerwaarskuwing vir Gauteng en Oos-Kaap



