Chris en Chanelle Else se Clara gebore

Deel hierdie storie / Share this story

Chris Else, sanger, en sy vrou Chanelle se Clara is gebore.

Sy het vanmiddag met ‘n noodkeisersnit haar eerste lewenslig aanskou.

Chris het ongeveer ‘n halfuur gelede ‘n foto van Chanelle en Clara op sy sosiale media geplaas en gesê:

“Welkom Clara Else😍❤️”

“Dankie vir al julle liefde en ondersteuning🙏”

Die kleinding wat vroeg in Desember verlede jaar met ‘n gaatjie in haar hart gediagnoseer was, wat intussen toegegroei het, kon nie wag om haar opwangting te maak nie.

Alhoewel haar verwagte datum in Februarie was, wou sy haar ouers vroeër ontmoet.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel