Baba met ‘hart’-geboortemerk amper een

Deel hierdie storie / Share this story

Jorgia, baba van Jayne Welch en Joe, van Stoke-on-Trent in Staffordshire, Engeland, is op 22 Februarie verlede jaar gebore.

Sy het drie dae te vroeg met behulp van ‘n keisersnit die wêreld ingekom.

Volgens Jayne kon vroedvrouens dit nie glo dat Jorgia ‘n simmetriese hartvormige geboortemerk aan die linkerkant van haar maag, in lyn met haar naeltjie, het nie. Hulle het gesê dat die merk heel waarskynlik mettertyd sal verdwyn, maar dit het toe eerder gegroei soos wat die baba gegroei het. Selfs haar pediater was verras deur die geboortemerk.

Die hart is aan die linkerkant op haar maag sigbaar.

Haar ma, wat so baie van haar geboortemerk hou, het intussen gesê sy wil ‘n soortgelyke tatoe op presies dieselfde plek aan haar eie lyf laat aanbring.

Bronne: Daily Mail UK, News18, TimesNow en LadBible

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel