Rihanna kondig tweede swangerskap by Super Bowl aan

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Anele Tembe se ouers reik uit na AKA se familie

’n Spesiale gas was by Rihanna se halftyd optrede by die Super Bowl – haar ongebore baba.

Terwyl aanhangers teleurgesteld was dat sy nie nuwe musiek gesing het nie, het die nuus van haar tweede swangerskap hulle vinnig getroos.

Aanhangers het op sosiale media gepraat oor haar baba bump en gewonder of sy weer swanger is. Haar verteenwoordigers het dit intussen bevestig.

Rihanna en haar kêrel, A$AP Rocky, het nege maande gelede hulle eerste kind verwelkom.

Bronne: BBC, The Citizen, People

Lees ook: AKA se dood was sluipmoord, sê Fikile Mbalula