Lees ook: Mpumalanga-aanvaller wat vrou op grafsteen verkrag, gevonnis
’n Verkragter, wat skuld beken het, se vonnis is van lewenslank tot 20 jaar na ’n appèl verminder. Melvin Jacobs (60) het skuld beken op aanklagtes van verkragting en poging tot verkragting.
Jacobs het sy appèlsaak gewen toe hy gesê het dat hy voel die lewenslange tronkstraf wat hy oorspronklik gevonnis is, onregverdig was en dat hy eerder die minimum vonnis moes kry.
Die regter in die laerhof het Jacobs se vonnis tot 20 jaar verminder omdat die lewenslange vonnis slegs die publiek sou bevoordeel en nie Jacobs nie.
Hy het ook gesê Jacobs het berou getoon oor sy optrede.
Jacobs was 57 toe hy op 19 Desember 2019 in hegtenis geneem is, dieselfde dag as wat hy ‘n negejarige kind verkrag het en ’n tweede negejarige probeer verkrag het.
Bronne: IOL, VN Explorer
Lees ook: Mpumalanga-aanvaller wat vrou op grafsteen verkrag, gevonnis



