Lees ook: Blou Bul speler verskyn in hof vir Ntokozo Xaba se moord
Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo onder andere bedreigde reptielspesies deur PostNet na KwaZulu-Natal wou stuur.
Die Suid-Afrikaanse Wildlife Rehabilitation Centre (SAWRC) het gesê hulle het bewus geraak van die voorval nadat die tak deur plaaslike slangvangers gekontak is vir hulp. PostNet-personeel het besef daar is ‘n slang in die gras toe hulle van die pakkies oopmaak.
Die SAWRC het op sosiale media gesê die personeel het van die pakkies oopgemaak en verskeie individueel verpakte reptiele gekry, insluitend die beskermde ouvolk (sonkyker-akkedise), gordel-akkedisse, ‘n Suid-Afrikaanse luislang, brulpaddas, ’n boomslang, likkewane, verkleurmannetjies en nog ander reptiele.
Die man wat die pakkies wou stuur, is gebel en gesê ’n slang het ontsnap uit een van sy pakkies. Toe die verdagtes opdaag, is hulle dadelik in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.
Bronne: IOL, Ghanamma, VN Explorer



