Halyna Hutchins se familie dagvaar Alec Baldwin

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Alec Baldwin amptelik aangekla van onwillekeurige manslag

Die Oekraïense ouers en suster van Halyna Hutchins het akteur Alec Baldwin en ander gedagvaar oor die kinematograaf se dood in 2021 tydens die verfilming van Rust.

Die aankondiging volg nadat Baldwin krimineel aangekla is van onwillekeurige manslag nadat hy die sneller getrek het en Hutchins se dood veroorsaak het.

Hutchins se familie wil ’n ongespesifiseerde bedrag hê by Baldwin, die vervaardigers en filmspan vir die verlies van hulle familielid.

Baldwin het in Oktober geskik in ’n saak met Matt Hutchins, Halyna se man, wat hom ook gedagvaar het oor haar dood.

Bronne: IOL, Deadline, BBC

Lees ook: Alec Baldwin amptelik aangekla van onwillekeurige manslag