Alec Baldwin is amptelik aangekla van onwillekeurige manslag na die dood van die kinematograaf Halyna Hutchins.
Hutchins is dood nadat ’n rewolwer deur Alec Baldwin afgevuur is en ’n regte koeël haar in Oktober 2021 op die stel van Rust getref het.
Hannah Gutierrez-Reed, wat as wapenbewaarder op die filmstel gewerk het, is ook van onwillekeurige manslag aangekla.
Indien hulle skuldig bevind word, kan albei tot vyf jaar tronkstraf gevonnis word.
Bronne: IOL, Hollywood Life, BBC
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Alec Baldwin werk nog aan Rust



