Op 19 Januarie is ’n vragmotor met vleis geplunder naby Ndundulu. In ‘n video kan gesien word hoe ’n MSF-bestuurder, wat aan diens is in ’n gemerkte werksvoertuig wat mediese voorraad aflewer, glo ook vleis in sy voertuig laat laai.
Die persoon wat die video geneem het, het die bestuurder beskuldig dat hy deel is van die plundery, maar hy het dit ontken.
Die MSF het Dinsdag gesê dat die MSF-bestuurder die voorval aan sy bestuurders in Eshowe rapporteer het en dat hulle saam met die eienaars van die vleisvragmotor en polisie werk.
Die vleis is in die agterkant van die MSF-voertuig gelaai en die vermeende plunderaars het glo die bestuurder probeer dwing om hulle te help, maar hy het geweier.
Die bestuurder sal na verwagting binnekort in die Melmoth-landdroshof verskyn.
Bronne: Times LIVE, Briefly, IOL
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Gerhard Ackerman se borgtog teruggetrek



