Alec Baldwin gaan glo aanhou werk aan die Rust-film ten spyte van die aanklagte van onwillekeurige manslag wat teen hom ingebring word na die dood van Halyna Hutchins.
Hutchins is in Oktober 2021 oorlede nadat Baldwin ’n skoot met lewendige ammunisie op die stel van Rust afgevuur het.
Baldwin sal na verwagting steeds sy rol as Harland Rust hervat wanneer produksie weer later die maand begin.
Alec Baldwin en Hannah Gutierrez-Reed, die film se wapenhanteerder, word albei aangekla van onwillekeurige manslag en sal tot vyf jaar tronkstraf elk gevonnis kan word as hulle skuldig bevind word.
Die aanklagtes sal teen die einde van die maand ingedien word.
Bronne: BANG Showbiz, People, CNN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Alec Baldwin word aangekla van onwillekeurige manslag



