Lees ook: Vrou in VK moedig glo meisies aan om swart meisie te slaan
Nuwe regulasies wat uitgevaardig is, sal dit binnekort onwettig maak om dagga op straat in Amsterdam se Rooiligdistrik, De Walletjes, te rook.
Van die middel van Mei af sal die regulasies gehandhaaf word om die lewens van inwoners te verbeter wat lankal kla oor die ontwrigting wat deur toeriste veroorsaak word.
Sekswerkers sal ook van 03:00 af onder die nuwe regulasies hulle besighede moet toemaak. Restaurante en kroeë sal vanaf 02:00 op Vrydae en Saterdae gesluit word en geen nuwe besoekers sal van 01:00 af in die ou stadsdistrik toegelaat word nie.
Die verkoop van alkohol in die Rooiligdistrik is klaar onwettig vanaf Donderdag tot Sondag na 16:00, maar winkels sal nou alkoholiese drank moet verwyder of wegsteek gedurende daardie tye.
Bronne: BBC, The Guardian, Daily Mail



