Lees ook: Man vermoor glo meisie wat hom toegang tot sy kind weier
In ’n video wat Maandag geneem is, moedig ’n vrou glo jong meisies aan om ’n swart meisie te slaan buite die Thomas Knyvett College in Surrey, VK.
In die video sê die vrou vir ’n wit meisie om ’n swart meisie aan te val en haar in die gesig te skop, haar te slaan en haar kop teen die pad te kap. Sy moedig ook ander meisies in die video aan om dieselfde te doen.
Nog ’n meisie spring in en trek die swart meisie se hare onder aanmoediging van die vrou. Selfs toe hulle ophou en loop, hetsê die vrou hulle moet terugkom en “aanhou”.
Nog twee meisies val die swart meisie aan en in ’n stadium val vier meisies die swart meisie gelyktydig aan.
Na ’n minuut en 45 sekondes kom ’n man wat glo die skoolhoof is en stop die aanval.
Die skoolhoof het Woensdag ’n verklaring uitgereik dat een van die skool se leerlinge beseer is in ’n aanval buite die skool terwyl sy op pad was huis toe. Hy het gesê die polisie is gebel en die saak word ondersoek. Hy het bygevoeg dat vyf mense in hegtenis geneem is in verband met die aanval.
Die polisie het gesê die saak word nog ondersoek en dat twee 15-jariges in ‘n voorval aangerand is.
Die polisie het voorts gesê vier mense is in hegtenis geneem, insluitend ’n 39-jarige vrou, ’n 16-jarige meisie en twee 11-jarige meisies. ’n 43-jarige man is saam met die vrou in hegtenis geneem en ’n 15-jarige meisie word gesoek in verband met die voorval.
Die ondersoek duur voort . Die polisie is in kontak met die slagoffers en hulle families.
Bronne: IOL, The Sun, Mirror
Lees ook: Man vermoor glo meisie wat hom toegang tot sy kind weier



