Willem Kruger se nadoodse ondersoek-uitslae bekend

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Willem Kruger – wat het régtig gebeur?

Die uitslae van Willem Kruger (29) wie se liggaam verlede jaar in sy bakkie in die Vaalrivier gevind is, se nadoodse ondersoek is bekend.

Die beweringe rondom Kruger wat begin November 2022 vermis geraak het nadat hy ‘n ramparty op Henbase Lodge in Mpumalanga bygewoon het, wou maar nie end kry nie.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het sopas aan FiND iT bevestig dat die uitslae toon die oorsaak van Kruger se dood was “moontlike verdrinking”.

Brig. Mohlala sê ook dat die polisie later ‘n verklaring sal uitreik wanneer meer inligting beskikbaar is.

Die ondersoek duur voort.

Brigadier Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, se amptelike antwoord op navraag:

Good day.

No statement will be issued. The autopsy results came back with “Possible drowning”. We will however await the final detailed results which might take a while. In the meantime, investigation continues.

Thanks.

LEES OOK: Die stof wil maar nie oor Willem Kruger gaan lê nie

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel