Man vermoor glo meisie wat hom toegang tot sy kind weier

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Britse passasier sterf in OR Tambo-lughawe se badkamer

’n 13-jarige seun en sy 10-jarige suster in Mfuleni het glo gesien hoe hulle ma se kêrel haar voor hulle doodsteek omdat sy geweier het om hom toegang tot sy kind te gee.

Funeka Memani se buurman het gesê dat hy 21:00 Sondagaand deur die kinders geroep is wat vir hom gesê het hulle pa het hulle ma doodgemaak omdat sy nie wou hê hy moet sy kind sien nie. Die kêrel is die pa van een van die kinders.

Die buurman het vertel dat hy haar voor die shack gekry het met bloed wat by die steekwond in haar nek uitvloei. Die kinders het glo gesê sy is in die rug ook gesteek toe sy probeer weghardloop.

Hulle het met haar na die Khayelitsha-distrikshospitaal gejaag, maar sy is kort daarna oorlede.

Die gemeenskapsleier het gesê die kinders het nie geboortesertifikate nie en was nog nooit in die skool nie, want hulle ma het nie ’n ID nie. Hy het gesê die eerste prioriteit is om die kinders te help.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord. Die verdagte is nog nie gevang nie.

Bronne: IOL, VN Explorer

Lees ook: Mpumalanga-aanvaller wat vrou op grafsteen verkrag, gevonnis