Tom Cruise glo genooi na koning Charles se kroning

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Koning Charles wil ‘n ‘moderne kroningseremonie hê’

Tom Cruise is glo genooi om in Mei koning Charles se kroningseremonie by te woon en het gereël dat die produksie van sy nuwe Mission Impossible-film uitgestel word.

Volgens The Sun is die koninklike seremonie iets wat Cruise “nooit sal mis nie” en hy sal “nooit nee sê om te gaan nie”.

Cruise is glo ná aan die koninklike familie en hy het selfs verlede jaar vir William en Kate na ’n vroeë vrystelling van Top Gun: Maverick genooi.

Bronne: Daily Mail, The Sun, Sky News

Lees ook: Koning Charles wil ‘n ‘moderne kroningseremonie hê’