John Travolta eer Olivia Newton-John in nuwe advertensie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Olivia Newton-John gaan staatsgedenkdiens kry in Australië

John Travolta (68) het sy mede-ster van Grease, Olivia Newton-John geëer deur saam met Scrubs-akteurs Zach Braff en Donald Faison Summer Nights te sing tydens ’n Super Bowl-advertensie vir T-Mobile.

In die advertensie het Travolta klere aan wat mens herinner aan Danny Zuko, sy karakter in Grease, terwyl die drie T-Mobile se diens prys met aangepaste lirieke en danspassies uit die film.

Olivia Newton-John is Augustus 2022 oorlede na ’n drie dekade lange stryd teen borskanker.

Bronne: BANG Showbiz, CNN, NY Post

Lees ook: Olivia Newton-John gaan staatsgedenkdiens kry in Australië