Koning Charles III beplan glo ‘n “moderne” kroningseremonie. Hy sal eers formeel in 2023 gekroon word, maar die seremonie sal korter wees as dié van sy voorgangers.
‘n Bron het aan Entertainment Tonight gesê: “Die 1762- goue koets wat by die ontslape koningin se platinum jubileumvieringe gesien is, sal na verwagting weer gesien word. Die kroning van die monarg sal ‘n korter seremonie met minder gaste wees as wat die geval met vorige monarge was.”
Charles het koning geword ná die dood van koningin Elizabeth op 8 September vanjaar.
Buckingham-paleis het bevestig dat die “kroning van die nuwe monarg ‘n paar maande na sy of haar toetreding volg, na ‘n tydperk van rou en as gevolg van die enorme hoeveelheid voorbereiding wat nodig is om die seremonie te organiseer”.
Bronne: IOL, Meaww
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Denemarke se koningin stroop kleinkinders van koninklike titels



