Nuutste oor Kimberley se (gebrek aan) water

Deel hierdie storie / Share this story

Die pompe by die Newton-reservoir in Kimberley is nou heeltemal oopgedraai en Kimberliete in alle areas van die dorp behoort nou water te hê.

Thoko Riet, woordvoerder vir die Sol Plaatje-munisipaliteit, het pas aan FiND iT bevestig dat die herstelwerk, wat verlede week Donderdag begin het, uiteindelik afgehandel is.

Die munisipaliteit doen ‘n beroep op enige areas wat steeds nie water het nie, om met die munisipaliteit te skakel by 053 8306 111.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel