In ‘n video wat op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe Kenaope Mosidi (110) verlede Woensdag uit die huis waarin sy woon in Meadowlands, Soweto, Gauteng, gesit word.
Mosidi, wat voetjie-vir-voetjie in haar loopraam vanuit die perseel beweeg, het baie emosies ontlok.
Die voorval het plaasgevind nadat Jacob Moalusi, die beweerde nuwe huiseienaar, glo die huis vir R350 000 van Kedibone, een van Mosidi se kleinkinders wat nie die huis gereeld besoek het nie, gekoop het.
Volgens Mosidi se kleindogter, wat by haar in die huis met haar twee kinders gebly het, het hulle Woensdagoggend wakker geword met mense wat besig was om hul besittings uit die huis te dra. Moalusi word daarvan beskuldig dat sommige van die bejaarde se eiendom beskadig is.
Die Collen Mashawana’s Foundation het intussen ingetree om ‘n nuwe huis vir die bejaarde te verseker. Anette Banda van Collen Mashawana’s sê hulle het maatskaplike werkers betrokke gemaak en die ouma na ‘n hospitaal geneem vir ‘n mediese ondersoek en sy is sedertdien in ‘n plek van veiligheid geplaas waar sy onder die omstandighede goed doen.
Verskeie rolspelers het betrokke geraak en daar word intussen ondersoek ingestel na die geldigheid van die verkoop, sowel as die uitsetting en om vas te stel wie die geregistreerde eienaar van die woning is.
Bron IOL en FlyingNews Live Update 364/24/7
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



