Lees ook: Koning Charles wil prins Harry by kroning hê
Koningin-gemaal Camilla het ’n 8-jarige meisie belowe sy sal haar probeer help om met prinses Charlotte te speel.
Camilla het die STORM-fasiliteit Donderdag besoek om hulle 19de verjaarsdag te vier. Die fasiliteit ondersteun volwassenes en kinders wat deur gesinsgeweld affekteer is. Daar het sy Wayne Hickson en sy dogter Charlie-Rose ontmoet. Wayne se vrou doen vrywilligerwerk vir STORM. Die 8-jarige Charlie-Rose stop toe vir Camilla ’n briefie in die hand.
In die briefie vra Charlie-Rose vir Charlotte, koning Charles se kleindogter, of sy dalk saam wil speel. Camilla het volgens Wayne vir Charlie-Rose gesê sy hou van haar rok en dat sy die briefie vir prinses Charlotte sal gee.
Bronne: BANG Showbiz, Female First, All Sides
Lees ook: Tom Cruise glo genooi na koning Charles se kroning



