Lees ook: Tom Cruise glo genooi na koning Charles se kroning
Die Days of Our Lives-ster Cody Longo is op die ouderdom van 34 oorlede.
Volgens TMZ is Longo se liggaam Woensdag in ‘n bed by ’n huis in Austin, Texas, gevind.
Cody se vrou, Stephanie, het die polisie gevra om te gaan kyk of hulle hom kry toe sy hom nie in die hande kon try terwyl sy by die werk was nie. Die polisie moes die deur oopskop toe hy nie reageer nie en het hom in die bed gevind.
Die amptelike oorsaak van sy dood is onbekend.
Bronne: BANG Showbiz, Yahoo, The Mirror



