Koning Charles wil prins Harry by kroning hê

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Prins Harry se eerste seksmaat kom na vore

Koning Charles is vasbeslote om prins Harry by die kroningseremonie te hê.

Koning Charles sal op 6 Mei in Londen amptelik gekroon word en wil graag sy seun daar hê. ’n Bron het aan People gesê die koning wil sy seun by die kroningseremonie hê en dat hy hom terug wil hê in die familie. Die bron het ook gesê koning Charles het nog altyd ’n reputasie gehad as ’n afwesige ouer en as die saak met Harry nie opgelos word nie, sal dit altyd deel wees van sy “koninklike storie”.

Dit is nog nie duidelik of prins Harry daar sal wees nie.

Bronne: IOL, BANG Showbiz, People

Lees ook: Prins Harry en Meghan moet getuig in naamskendingsaak