Baba Malann oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Baba Malann is gister oorlede.

Dodo Nkonya, wat nou betrokke was met baba Malann se vordering en familie, het op sy blad aangekondig baba Malann is oorlede.

Devon Hofmeyr, wie ook betrokke was by die familie, het gesê: “Dit is met ‘n ongelooflike seer hart dat ek aan julle moet deel dat baba Malann ons vanaand gegroet het. Ek wens met alles in my dat ek meer, vinniger, kon doen vir julle, Julia en familie. Ek vra om verskoning. Hier is ‘n seer wat mens ‘n ewigheid by ‘n mens sal bly.”

Baba Malann het sy laaste paar dae in die hospitaal op ‘n ventilator spandeer. Lees die vorige berigte hier: Baba Malann nie ‘stabiel genoeg om te skuif’, Baba Malann maak oë oop, Baba Malann – Devon Hofmeyr wil help, Kyk: Pleidooie vir baba Malann wat op masjiene is.