KYK: Dief kom sy moses teë toe oud-Bok hom agternasit
Die seun wat ‘n graad 10-leerling na bewering by ‘n skool in Krugersdorp aangerand en aan haar hare rondgepluk het, sal binnekort dissiplinêr verhoor word.
Die Gautengse departement van onderwys het vroeër bevestig dat hy bewus is van die voorval wat Dinsdag, 31 Januarie by Hoërskool Nic Diedericks in Krugersdorp plaasgevind het.
‘n Video wat van die voorval geneem is, is wyd op sosiale media versprei.
In ’n videogreep wat op sosiale media deur Ian Cameron, die drukgroep Action Society se direkteur van veiligheid, gedeel is, kan gesien word hoe twee skoolseuns die meisie konfronteer. In die video kan gesien word hoe die meisie terugbaklei.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



