KYK: Dief kom sy moses teë toe oud-Bok hom agternasit
‘n Tienerseun (17) van Brindhaven in KwaZulu-Natal het nie Donderdag teruggestaan toe twee verdagtes hom van sy selfoon beroof het nie.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het die voorval in Larkspur-rylaan, Brindhaven plaasgevind.
Lede het Donderdagmiddag 14:00 inligting ontvang oor ‘n 17-jarige seun wat glo deur twee verdagtes beroof is kort nadat hy ‘n vriend se huis verlaat het.
Hy het teruggeveg en glo beide verdagtes op die grond gehad. Een van die verdagtes het egter met die slagoffer se Samsung-selfoon gevlug. ‘n Verbyganger het die voorval gesien en ingespring om te help.
Die 16-jarige verdagte is in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



